Monday, August 31, 2015

6 November 2015: S N POOL / BURGEMEESTER GHOLFDAG

 WELWILLENDHEIDSKOMITEE
Saamstaan met die Gemeenskap

S.N. Pool / Burgemeester Gholfdag
6 November 2015

Die S.N. Pool/Burgemeester Gholfdag het primêr ten doel om fondse te genereer ten bate van sorgbehoewende instansies wat normaalweg nie dieselde geleentheid vir fondsinsameling as regeringsorganises kry nie. 

Ons wil by hierdie geleentheid ook aan u onderneming die geleentheid bied om betrokke te raak  by  ‘n instansie van u eie keuse.  Ons doel is om op hierdie wyse te sorg dat hierdie instansies meer volhoubare ondersteuning kry.

Die gedagte is dat u aandui by watter instansie u betrokke wil raak. Ons skakel dan met die instansie en verleen aan hulle die hulp om by wyse van ‘n uitstalling of stalletjie hulself op ‘n aangewese bof te bemark. U kan byvoorbeeld help met vervoer na die gholfbaan of enige ander inisiatief neem om die instansie se aktiwiteite bekend te stel.

Maak ‘n keuse uit die onderstaande lys of nomineer ‘n instansie van u keuse. Ons sal laat weet watter bof aan u toegeken word.

LW:  U betrokkenheid op hierdie wyse is heeltemal vrywillig en u hoef nie verplig te voel om aan die aktiwiteite deel te neem nie. As u wel besluit om aan hierdie aktiwiteite deel te neem, laat weet asseblief vir Melishia Moodie sodat sy kan reël dat ons nie dupliseer nie. Haar kontakbesonderhede is:  melishia@pooltransport.co.za of 023-347 5836

By voorbaat  baie dankie vir u deelname aan die spesiale gholfdag. Ons waardeer dit opreg.


M Moodie/ Juliana van Wyk
Pool Transport / Burgemeester

SORGBEHOEWENDE INSTANSIES

House of Hope                                                             Nellie Hendricks Sopkombuis                                                  
7th Heaven Creche                                     Kibbutz
Hector Child Support  Centre                                   ALSO Afdeling Pionierskool
House of Mercy                                         Nuwe Begin Skuiling
APD Dagsorgsentrum                                                SB Take Aways Sopkombuis
Eden Opleiding Sentrum                        Wonderland Creché
Braveheart Orphanage                                             Suster Babs
RAEL                                                                                Woman of Strength
Wonderland Creché                                                   Lukhanyo Creché
ASD for Sensory Disabled