Tuesday, July 28, 2015

26 September 2015 | Gala Aand: Change Makers

Beste Vriende,

Dit raak weer tyd vir ons jaarlikse Gala Aand, wanneer almal in ons Change Maker Program die geleentheid kry om te pronk in hulle "black attire" – kompleet met strikdas! En hulle word selfs met 'n limousine na die geleentheid vervoer!!


Vir al ons manne wat reeds deur die program gekom het, asook diegene wat in die huidige program is, en ook vir ons as personeel en leiers, is die Gala Aand 'n hoogtepunt! Vir die Change Makers bied dit die geleentheid om hul nuwe leefwyse met vriende, familie en ons ondersteuners en donateurs te vier. En ons as leiers wil hierdie geleentheid gebruik om dankie te sê aan elkeen wat in hierdie manne belê – hetsy deur gebed of skenkings, of finansieël. Meer nog, ons wil deel van God se goedheid, van Sy hart wat Hy deur ons laat klop. En ons wil vertel van ons opwindende nuwe projek: BoaBoa Screen Printing!!


Kom geniet die aand saam met ons!

CHANGE MAKERS GALA EVENT
3-gang maal by CUMBERLAND HOTEL
Datum: Saterdag 26 September 2015
Tyd: 19:00
Drag: Formeel
Koste: R200

Hierdie is 'n oproep van die Change Makers: Moenie dit misloop nie! Nooi vriende, en maak 'n tafel van 10 persone vol.
U kan u kaartjies by bogenoemde Change Makers kry, of by die kantoor van Kibbutz El-Shammah.

Hoop om u daar te sien!
Van die CM's Leierskap span

27 AUGUST 2015 | Dozi in Worcester



Janneke Beukes
TOURISM MANAGER
 
t   023 342 6244
c   076 200 8742
Kleinplasie, Worcester, 6850
        

Monday, July 27, 2015

31 Julie 2015 | Huis Brevis koffiewinkeldag

Ons by Huis Brevis hou weer 'n Koffiewinkeldag op 31 Julie 2015.
Eetsaal word weer verander vir die hele dag in 'n Koffiewinkel met heerlike eetgoed en drinkgoed.
Ons gaan oop wees 10h00 – 16h00
Daar kan ook wegneem etes bestel word (met gratis aflewering) Bestellings kan ingesit word tot en met 30 Julie.
Hier is die spyskaart en advertensie aangeheg.
Stuur asb. aan vir almal wat julle ken en versprei asb. die woord.
Baie dankie, ons waardeer dit baie.
Dankie dat ons altyd op julle ondersteuning kan staatmaak.

Groete
Estelle Louw

Thursday, July 23, 2015

28 Julie -Arbeidsreg aanbieding

     ARBEIDSREG: AANBIEDING VIR BESTUUR

        DIE IMPAK VAN NUWE WETGEWING

(AANGEBIED DEUR ADV. LUKAS DU PREEZ IN SAMEWERKING MET ALNA VAN ANTWERPEN : BAR VALLEI PERSONEELKONSULTANTE)


DATUM:   28 JULIE 2015

TYD :       18h00 to 21h00

PLEK:      ROBERTSON : SKOUGRONDE KONFERENSIE LOSIE

KOSTE:   GEEN

LW:          DIE AANBIEDING IS HOOFSAAKLIK IN AFRIKAANS 

OPSOMMING VAN INHOUD

Dit is nou byna 3 jaar sedert die ongelukkige arbeidskonflik wat die BAR Vallei teen die einde van 2012 getref het. Baie water het intussen in die see geloop en arbeidswetgewing is ook redelik ernstig gewysig aan die begin van 2015.

Die aanbieding is daarop gemik om bestek te neem van waar werkgewers nou staan met betrekking tot dag-tot-dag arbeidsverhoudinge: wat is die brandpunte vanuit n bestuursoogpunt waarop gelet moet word om voorkomend op te tree en slaggate te vermy deur pro-aktiewe optrede. Die idee is om bystand te verleen aan werkgewers met die volgende:

25 July 2015 - The Elwira Collective Show