Tuesday, July 28, 2015

26 September 2015 | Gala Aand: Change Makers

Beste Vriende,

Dit raak weer tyd vir ons jaarlikse Gala Aand, wanneer almal in ons Change Maker Program die geleentheid kry om te pronk in hulle "black attire" – kompleet met strikdas! En hulle word selfs met 'n limousine na die geleentheid vervoer!!


Vir al ons manne wat reeds deur die program gekom het, asook diegene wat in die huidige program is, en ook vir ons as personeel en leiers, is die Gala Aand 'n hoogtepunt! Vir die Change Makers bied dit die geleentheid om hul nuwe leefwyse met vriende, familie en ons ondersteuners en donateurs te vier. En ons as leiers wil hierdie geleentheid gebruik om dankie te sê aan elkeen wat in hierdie manne belê – hetsy deur gebed of skenkings, of finansieël. Meer nog, ons wil deel van God se goedheid, van Sy hart wat Hy deur ons laat klop. En ons wil vertel van ons opwindende nuwe projek: BoaBoa Screen Printing!!


Kom geniet die aand saam met ons!

CHANGE MAKERS GALA EVENT
3-gang maal by CUMBERLAND HOTEL
Datum: Saterdag 26 September 2015
Tyd: 19:00
Drag: Formeel
Koste: R200

Hierdie is 'n oproep van die Change Makers: Moenie dit misloop nie! Nooi vriende, en maak 'n tafel van 10 persone vol.
U kan u kaartjies by bogenoemde Change Makers kry, of by die kantoor van Kibbutz El-Shammah.

Hoop om u daar te sien!
Van die CM's Leierskap span