Thursday, July 23, 2015

28 Julie -Arbeidsreg aanbieding

     ARBEIDSREG: AANBIEDING VIR BESTUUR

        DIE IMPAK VAN NUWE WETGEWING

(AANGEBIED DEUR ADV. LUKAS DU PREEZ IN SAMEWERKING MET ALNA VAN ANTWERPEN : BAR VALLEI PERSONEELKONSULTANTE)


DATUM:   28 JULIE 2015

TYD :       18h00 to 21h00

PLEK:      ROBERTSON : SKOUGRONDE KONFERENSIE LOSIE

KOSTE:   GEEN

LW:          DIE AANBIEDING IS HOOFSAAKLIK IN AFRIKAANS 

OPSOMMING VAN INHOUD

Dit is nou byna 3 jaar sedert die ongelukkige arbeidskonflik wat die BAR Vallei teen die einde van 2012 getref het. Baie water het intussen in die see geloop en arbeidswetgewing is ook redelik ernstig gewysig aan die begin van 2015.

Die aanbieding is daarop gemik om bestek te neem van waar werkgewers nou staan met betrekking tot dag-tot-dag arbeidsverhoudinge: wat is die brandpunte vanuit n bestuursoogpunt waarop gelet moet word om voorkomend op te tree en slaggate te vermy deur pro-aktiewe optrede. Die idee is om bystand te verleen aan werkgewers met die volgende:



  • Die grondbeginsels wat die werkgewer-werknemer verhouding reguleer, regte en verpligtinge van beide partye met die fokus op die werkgewer prerogatief : as die basiese reëls duidelik is, is die res maklik!
  • Nuwe arbeidswetgewing en hoe dit die werkgewer op die grondvlak spesifiek raak.
  • Praktiese toepassing van effektiewe dissiplinêre prosedures: die balans tussen die nakoming van nuwe wetsvereistes en die besparing van bestuurstyd en voorkoming van dispute (asook natuurlik kostes!).
  • Dissiplinêre verhore: praktiese wenke vir werkgewers om onnodige rondslomp te voorkom; wanneer is formele verhore nie nodig nie?
  • Die verskil tussen formele- en  informele dissiplinêre prosedures; die onderskeie rolspelers  in dissiplinere verhore; prosedurele- en substantiewe billikheid, konsekwentheid, waarskuwings en geldigheidsperiodes, die vermyding van oordrewe formaliteit en rigiditeit in arbeidsreg.
  • Probleemoplossing: dros, misbruik van siektebriewe, demovering, skorsing, tydelike kontrakte, onbevoegdheid, oneerlikheid, growwe nalatigheid, onaanpasbaarheid, swak werksprestasie, dronkenskap, aanranding, poligraaftoetsing, seksuele teistering ens.
  • Interaksie met Vakbonde: waar staan ons nou? Wenke vir Bestuur.
  • Stakingshantering: praktiese wenke en nuwe wetgewing om geweld en intimidasie te voorkom .
  • Hoe om te voorkom om in die CCMA te beland. (Die impak van nuwe wetgewing).
  • Die effek van nuwe wetgewing op tydelike werknemers en arbeidsmakelaars. Hoe om die werkgewer te beskerm in dienskontrakte. Probleme rondom “buitelandse werkers” en werkspermitte.
  • Die “TLS” (Training layoff Scheme) in terme waarvan die Staat 75% van die werknemer se salaris betaal en opleiding gratis verskaf in tye wanneer operasionele vereistes sodanig is dat daar geen werk is nie.
  • Problematiese bepalings in die jongste Sektorale Vasstelling 13 vir die Landboubedryf.


Let Wel : Hierdie is n kompakte, snel-vloeiende aanbieding  met n praktiese aanslag: slegs Bestuur/werkgewers word uitgenooi.

RSVP  asb met naam/e na : alnabarvallei@telkomsa.net of dpa@lantic.net

* Lukas Du Preez  is n bekende Advokaat en Bestuurskonsultant met meer as 30 jaar ondervinding. Hy tree slegs namens werkgewers op regoor SA en konsulteer vir verskeie groot organisasie regoor die spektrum van nywerheid. Sy doktorsgraad tesis was getiteld “Die ontwikkeling van die konsep van billikheid in die SA arbeidsreg”. 
Alna van Antwerpen tree reeds vir baie jare wyd op in die BAR Vallei vir werkgewers en is goed bekend in die area.