WELWILLENDHEIDSKOMITEE
Saamstaan met die Gemeenskap
S.N. Pool /
Burgemeester Gholfdag
6 November 2015
Die S.N.
Pool/Burgemeester Gholfdag het primêr ten doel om fondse te genereer ten bate
van sorgbehoewende instansies wat normaalweg nie dieselde geleentheid vir
fondsinsameling as regeringsorganises kry nie.
Ons wil by hierdie
geleentheid ook aan u onderneming die geleentheid bied om betrokke te raak by ‘n
instansie van u eie keuse. Ons doel is
om op hierdie wyse te sorg dat hierdie instansies meer volhoubare ondersteuning
kry.
Die gedagte is dat u aandui by watter instansie
u betrokke wil raak. Ons skakel dan met die instansie en verleen aan hulle die hulp
om by wyse van ‘n uitstalling of stalletjie hulself op ‘n aangewese bof te
bemark. U kan byvoorbeeld help met vervoer na die gholfbaan of enige ander
inisiatief neem om die instansie se aktiwiteite bekend te stel.
Maak ‘n keuse uit die
onderstaande lys of nomineer ‘n instansie van u keuse. Ons sal laat weet watter
bof aan u toegeken word.
LW: U betrokkenheid op hierdie wyse is heeltemal
vrywillig en u hoef nie verplig te voel om aan die aktiwiteite deel te neem
nie. As u wel besluit om aan hierdie aktiwiteite deel te neem, laat weet
asseblief vir Melishia Moodie sodat sy kan reël dat ons nie dupliseer nie. Haar
kontakbesonderhede is: melishia@pooltransport.co.za of 023-347 5836
By voorbaat baie dankie vir u deelname aan die spesiale
gholfdag. Ons waardeer dit opreg.
M Moodie/ Juliana van Wyk
Pool Transport / Burgemeester
SORGBEHOEWENDE INSTANSIES
House of Hope Nellie Hendricks Sopkombuis
7th Heaven Creche Kibbutz
Hector Child Support Centre ALSO Afdeling Pionierskool
House of Mercy Nuwe Begin Skuiling
APD Dagsorgsentrum SB Take Aways Sopkombuis
Eden Opleiding Sentrum Wonderland
Creché
Braveheart Orphanage Suster Babs
RAEL Woman
of Strength
Wonderland Creché Lukhanyo
Creché
ASD for Sensory Disabled